Registreer ‘n residensiële fasiliteit vir ouer persone

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Die registrasie van ‘n residensiële fasiliteit vir ouer persone

Indien jy ‘n as ‘n individu of organisasie ‘n  residensiële fasiliteit vir ouer persone wil registreer, moet jy by jou naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aansoek doen.

Wat om te doen

  • Gaan na die kantoor van Maatskaplike Ontwikkeling wat die naaste aan jou woning is.
  • Voltooi aansoekvorm 9.
  • Nadat jy jou aansoek ingedien het sal jy as bewys ‘n brief ontvang wat jou aansoek erken.
  • ‘n Maatskaplike werker sal ander rolspelers soos die omgewingsgesondheidpraktisyn en ‘n mediese beampte nooi om die beoogde residensiële fasiliteit te ondersoek en te assesseer.
  • Na die rolspelers se assesseringsbesoek sal ‘n verslag van die bevindings aan die kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling voorgelê word waar jou aansoek of goedgekeur, voorwaardelik goedgekeur of afgekeur sal word.
  • Indien jy nie met die besluit saamstem nie moet jy binne 90 dae nadat jy die kennisgewing ontvang het, by die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling appèl aanteken.

Tydsduur

Dit kan vier weke duur om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

Die eintlike aansoek is gratis, maar jy sal moet betaal vir ander sertifikate soos die  ongewingsgesondheidsertifikaat.

Vorms om in te vul

Die aansoekvorms is beskikbaar by jou naaste kantoor van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling.

Wie om te kontak

 

Share this page