Registreer ’n koöperasie

Vir ’n koöperasie om ’n wetlik erkende entiteit te wees, moet dit by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer wees. Om te registreer by die Registrateur van Koöperasies van CIPC moet die groep vyf of meer lede hê.

’n Koöperasie is ’n spesifieke soort onderneming wat dienste en/of produkte aan sy lede bied. Wins, wat as surplusse in ’n koöperasie bekend staan, word onder lede verdeel. Elke lid sal ’n deel van die wins of surplus ontvang, afhangend van hoeveel handel die lid met die koöperasie gedryf het.

Vind meer uit oor koöperasies en die registrasie daarvan by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

Share this page