Doen aansoek om 'n permanenteverblyfpermit

Suid-Afrika verwelkom immigrante wat ‘n betekenisvolle bydrae tot die uitbreiding van die ekonomiese basis van die land kan lewer.

Voor jy kan aansoek doen om ‘n permanenteverblyfpermit, moet jy eers motiveer waarom jy nie as ‘n verbode of ongewenste persoon verklaar moet word nie.

Jy en jou gade kwalifiseer vir ‘n direkte permanenteverblyfpermit indien jy vir ‘n minumum tydperk van vyf jaar in Suid- Afrika gebly het op grond van 'n werkspermit.  Afhanklikes van Suid-Afrikaanse burgers of permanenteverblyfpermithouers mag ook aansoek doen.

Verblyfregpermitte op ander gronde geld vir buitelanders wat:

  • in besit is van ‘n permanente werkaanbod in Suid-Afrika
  • buitengewone vermoë en kwalifikasies het
  • beoog om ‘n besigheid in Suid-Afrika te vestig
  • kwalifiseer as vlugtelinge in terme van Artikel 27 (c) van die Wet op Vlugtelinge
  • kwalifiseer as ‘n afgetrede persoon
  • finansieel onafhanklik is
  • familielede (biologies of wettig aangenome) van 'n Suid-Afrikaanse burger of permanenteverblyfpermit-houer is.

Vind meer uit oor die proses van aansoek vir permanente verblyf of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

 

Share this page