Aansoek om naturalisasie

Jy kwalifiseer outomaties vir Suid-Afrikaanse burgerskap indien:

  • jy in Suid-Afrika gebore is en ten minste een van jou ouers ‘n Suid- Afrikaanse burger of ‘n permanente verblyfpermithouer is
  • jy aangeneem word deur ‘n Suid-Afrikaanse burger.

Jy kan aansoek doen vir Suid-Afrikaanse burgerskap deur afkoms of naturalisasie.

Jy kan aansoek doen om jou burgerskap te behou voor jy burgerskap verkry van ‘n ander land.  Jou aansoek om burgerskap te behou, moet toegestaan word voordat jou aansoek om burgerskap van ‘n ander land goedgekeur is, andersins sal jy die Suid-Afrikaanse burgerskap outomaties verloor.

Jy mag aansoek doen om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te laat herstel indien jy ‘n voormalige burger is deur geboorte of afkoms en jy het permanent teruggekeer na Suid-Afrika.

Jy kan jou Suid-Afrikaanse burgerskap opgee indien jy beoog om burgerskap te verkry van ‘n ander land.

Jy mag aansoek doen om vrygestel te word van verlies van burgerskap indien jy burgerskap van ‘n ander land verkry het voor 6 Oktober 1995.

Vind meer uit oor burgerskap of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

 

Share this page