Aansoek om 'n handelsmerk te registreer

Registreer jou handelsmerk by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) om te keer dat jou kompetisie dit gebruik. CIPC administreer die Register van Handelsmerke, wat die amptelike rekord is van alle handelsmerke waarom daar formeel aansoek gedoen is en/of wat sedert 1916 in die Republiek van Suid-Afrika geregistreer is.

Aansoeke kan vir 45 verskillende klasse ingedien word, afhangend van die goedere en/of dienste waarvoor die handelsmerk gebruik sal word. Besonderhede van die internasionale klassifikasiestelsel, die Nice-klassifikasiestelsel, is beskikbaar op die webwerf van die Wêreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom. ’n Geregistreerde handelsmerk kan vir ewig beskerm word, mits jy elke tien jaar die registrasie hernu.

Vind meer uit oor die registrasie van ’n handelsmerk by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

Share this page