Registreer 'n ontwerp

Registreer jou ontwerp by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) om uitsluitlike regte om die ontwerp te gebruik, te verkry en om ander mense te verhoed om dit na te maak, in te voer of te gebruik.
 
Daar is twee soorte ontwerpe wat jy kan registreer: ’n estetiese ontwerp en ’n funksionele ontwerp. ’n Estetiese ontwerp het ’n unieke vorm, konfigurasie of versiering wat mooi is om na te kyk. ’n Funksionele ontwerp het ’n vorm of konfigurasie wat deur die funksie daarvan bepaal word. ’n Estetiese ontwerp word wetlik vir 15 jaar beskerm, terwyl ’n funksionele ontwerp vir 10 jaar beskerm word.

Vanaf die derde jaar moet die registrasie jaarliks voor die vervaldatum (volgens die datum van indiening) hernu word.

Vind meer uit oor die registrasie van ontwerpe by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

Share this page