Registreer kopiereg

Kopiereg of outeursreg word outomaties verkry wanneer jy ’n oorspronklike werk skep wat mense kan sien of hoor, byvoorbeeld ’n boek, skildery of musiek. Die meeste werke wat vir kopieregbeskerming in aanmerking kom, vereis nie registrasie of ander formele prosesse nie, behalwe rolprente.

Jy kan jou eie kopiereg skep deur die woorde “kopiereg” of “kopiereg voorbehou” of die internasionaal erkende kopieregsimbool, gevolg deur jou naam en die jaar, bv. © Baloyi 2011 op jou oorspronklike werk aan te bring.

Indien jy egter kopiereg vir ’n rolprent, DVD of video wil hê, moet jy op die voorgeskrewe vorms by die Registrateur van Kopiereg aansoek doen.

Vind meer uit oor kopiereg by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

Share this page