Aansoek om ‘n tweedehandse of gebruikte motor in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor ‘n aansoek vir ‘n permit om ‘n tweedehandse of gebruikte voertuig in te voer

Jy kan slegs ‘n tweedehandse voertuig na Suid-Afrika invoer indien jy ‘n permit het om dit te doen.

Die invoer van gebruikte voertuie word beperk om die plaaslike motorvoertuigvervaardigingsbedryf te beskerm teen die ontwrigtende invoer van gebruikte en tweedehandse voertuie en permitte word slegs onder bepaalde omstandighede uitgereik.

Dit is hoofsaaklik Suid-Afrikaners wat van oorsee terugkeer en immigrante met  permanente verblyfreg wat toegelaat word om voertuie wat in hulle name geregistreer is, in die land te bring.

Ander motorvoertuie wat ingevoer mag word, sluit in renmotors, klassieke passasiersvoertuie, spesiaal ontwerpte voertuie en geërfde voertuie.

Kry meer inligting in die invoerriglyne saamgestel deur die International Trade Administration Commission (ITAC).

Wat om te doen

  • Voordat jy 'n gebruikte motor, handelsvoertuig of sleepwa mag invoer, moet jy 'n magtigingsbrief van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) verkry.
  • Voltooi aansoekvorm vir die invoer van ‘n tweedehandse of gebruikte voertuig IE462 (Importation of a second hand or used vehicle form IE462)
  • Indien jy 'n Suid-Afrikaanse burger is, dien die volgende dokumente in:
    • identiteitsdokument of paspoort
    • brief van werkgewer wat werk oorsee, sowel as die tydperk van indiensneming, bevestig (salarisadvies, salarisstrokies, werksaanbiedinge, werkskontrakte, belastingopgawe, werkpermitte, ens. word nie as bewys van indiensneming beskou nie.)
    • ‘n gewaarmerkte afskrif van die amptelike buitelandse voertuigregistrasiesertifikaat

Indien jy 'n bona fide immigrant is, moet jy die volgende dokumente indien:

  •  ‘n afskrif van jou Suid-Afrikaanse permanente verblyfsertifikaat
  • 'n afskrif van jou buitelandse paspoort (bladsy met foto en besonderhede)
  • 'n afskrif van jou buitelandse motorvoertuigregistrasiesertifikaat 
  • bewys van studie of navorsing wat voltooi moet word, waar van toepassing.

Tydsduur

Sodra al die vereiste dokumente ontvang is, kan dit tot vyf dae neem om die proses af te handel.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis, maar jy moet doeanereg aan SARS betaal. Doeanereg word bereken as persentasie van die waarde van die goedere soos uiteengesit in die Wet op Doeane en Aksyns. Jy kan meer inligting kry op die SARS webwerf.

Vorms om in te vul

Application for importation of a second hand or used vehicle form IE462  (Aansoek vir die invoer van ‘n tweedehandse of gebruikte voertuig IE462)

Wie om te kontak

 

ITAC national office - Import and Export Control

Tel: 0861 834 384, 012 394 3590, 012 394 3591
City/town: Pretora
Province: Gauteng
Physical address: International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address: Private Bag X753 Pretoria, 0001
Web address: http://www.itac.org.za

Share this page