Aansoek om verwerktevleisprodukte in die Republiek van Suid-Afrika in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om verwerkte vleis insluitend afval na of deur Suid-Afrika te versend

Indien jy verwerkte vleisprodukte (bv. gekook, gefermenteer, gedroog) na die Republiek van Suid-Afrika of deur Suid-Afrika wil versend, moet jy aansoek doen om 'n veeartsenykundige invoerpermit of 'n in transito-permit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid, en ook goedkeuring van sodanige permit verkry. Jy moet hierdie permit verkry voordat die besending die uitvoerland verlaat.

Die Direktoraat: Dieregesondheid van Suid-Afrika sal 'n veeartsenykundige of in transito-permit vir verwerkte vleis uitreik slegs vir lande waar die veeartsenykundige dienste en dieregesondheidstatus geëvalueer en goedgekeur is.

Verskillende invoerprotokols is in plek na gelang van die produkte en die dieregesondheidsomstandighede van individuele lande. Aangesien die gesondheidsvereistes dikwels verander, skakel asseblief die Direktoraat: Dieregesondheid.

Om aansoek te doen om permitte vir vleisprodukte vir kommersiële doeleindes, moet jy 'n maatskappy binne Suid-Afrika verteenwoordig, of deur 'n internasionale maatskappy as 'n agent in Suid-Afrika aangestel wees.

Veeartsenykundige invoerpermitte is geldig vir 'n beperkte tydperk en vir slegs een besending. Invoere via derde lande word in die algemeen nie aanvaar nie.

Vir vleisprodukte in hermeties verseëlde houers, moet jy ook goedkeuring verkry by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde.

Wat om te doen

  1. Vul die vorm Aansoek om Diere of Diereprodukte na Suid-Afrika in te voer, in.
  2. Indien die produkte in transito deur die Republiek van Suid-Afrika versend word, moet jy 'n afskrif van die veeartsenykundige invoerpermit vanaf die finale bestemmingsland saam met die aansoek om 'n Suid-Afrikaanse veeartsenykundige invoerpermit voorlê.
  3. Deponeer die permitgelde in die Departement se bankrekening:
    Naam van bank: Standard Bank of South Africa
    Naam van rekeninghouer: Nasionale Departement van Landbou
    Rekeningno.: 011219556 International Band
    Tak: 010845
    IB-merk 0001982 Sentrumkode
    Swift-kode: SBZA-ZAJJ
    Naam van die tak: Arcadia.
  4. Betaling kan ook geskied by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  5. Verwysing moet wees die invoerder se naam en van.
  6. Stuur die ingevulde vorm en bewys van betaling na:
    Die Direkteur: Dieregesondheid
    Eenheid vir Invoer- en Uitvoerbeleid
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    Suid-Afrika.
  7. Geen aansoek sal verwerk word sonder bewys van betaling nie. Bewys van die deposito moet gefaks word na: 012 329 8292 vir aandag: Ina Labuschagne.
  8. Dui asseblief op die aansoekvorm aan of jy die permit sal afhaal en of dit aan jou gepos moet word.
  9. Nadat die ingevulde aansoekvorm en bewys van betaling ontvang is, sal 'n vooraf gegeneerde Veeartsenykundige Invoerpermit en 'n Veeartsenykundige Gesondheidsertifikaat uitgereik en direk aan jou gestuur word.
  10. Jy moet 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat verkry vanaf die veeartsenykundige owerhede in die uitvoerland voordat die produk verskeep word. Hierdie gesondheidsertifikaat moet voldoen aan die voorwaardes soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse veeartsenykundige invoerpermit of moet ooreengekom wees tussen die veeartsenykundige owerhede van Suid-Afrika en die uitvoerland. Indien jy enige inligting benodig omtrent die presiese vereistes vir 'n spesifieke diereproduk, kan eksemplaarafskrifte van die Veeartsenykundige Invoerpermit en die Veeartsenykundige Gesondheidsertifikaat verkry word by die Permitkantoor.
  11. Jy moet die volgende aan die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Invoerbeheeramptenaar by die plek van binnekoms voorlê:
    • Oorspronklike Veeartsenykundige Invoerpermit
    • Oorspronklike Veeartsenykundige Gesondheidsertifikaat.
  12. Alle vleisbesendings moet geïnspekteer word by een van die volgende inspeksiepunte soos op die invoerpermit gestipuleer:
  • Durban - Tel. 031 337 4346/7
  • Kaapstad - Tel. 021 551 2050
  • City Deep (slegs vanaf buurlande) - Tel. 011 613 1636 

Jy is verantwoordelik vir bankkoste asook die buitelandse bankkoste; die departement sal nie 'n permit uitreik nie indien die volle bedrag van ZAR 120 nie ontvang is nie. (Jaarliks hersien en in die Staatskoerant gepubliseer.)

Tydsduur

Wanneer die staatsveearts by die Nasionale Kantoor die invoer goedgekeur het, neem dit drie to vyf werkdae om die aansoek te verwerk en die permit uit te reik.

Hoeveel kos dit

R220

Vorms om in te vul

Application to Import Animals or Animal Products Into South Africa

Wie om te kontak

 

Share this page