Aansoek om goedere vir persoonlike gebruik in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die invoer van goedere vir persoonlike gebruik

Indien jy beheerde of gebruikte en tweedehandse persoonlike of individuele goedere na Suid-Afrika wil invoer moet jy toestemming kry by die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC).

‘n Lys van goedere onderhewig aan invoerbeheer- en uitvoerbeheermaatreëls is beskikbaar by ITAC. Indien jy jou kontakbesonderhede verskaf kan die lys ook na jou gepos, gefaks of per e-pos aan jou gestuur word.

Wat om te doen

  1. Gaan na die SAID en registreer as ‘n invoerder.
  2. Gaan na ITAC of laai die toepaslike vorms af.
  3. Dien die aansoekvorm, saam met ‘n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument of geldige Suid-Afrikaanse paspoort, by ITAC in.

Tydsduur

Dit kan tot drie dae neem  om die proses af te handel.

Hoeveel kos dit

ITAC hef geen diensfooie nie maar jy sal doeaneregte aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet betaal. Doenaneregte word bereken as ‘n persentasie van die waarde van die goedere (uiteengesit in die skedules van die Doeane- en Aksynswet). Kry meer inligting oor doeaneregte op die webwerf van die Inkomstediens.

Vorms om in te vul

Wie om te kontak

 

ITAC national office - Import and Export Control

Tel: 0861 834 384, 012 394 3590, 012 394 3591
City/town: Pretora
Province: Gauteng
Physical address: International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address: Private Bag X753 Pretoria, 0001
Web address: http://www.itac.org.za

Share this page