Voer vars vleis in

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om vars (rou) vleis insluitend afval na of deur Suid-Afrika te versend

Indien jy vars (rou) vleis (insluitend afval) na die Republiek van Suid-Afrika of deur Suid-Afrika wil versend, vereis wetgewing dat jy aansoek doen om 'n veeartsenykundige invoerpermit of 'n in transito-permit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid, en ook goedkeuring van sodanige permit verkry. Jy moet hierdie permit verkry voordat die besending die uitvoerland verlaat.

Die Direktoraat: Dieregesondheid van Suid-Afrika sal 'n veeartsenykundige of in transito-permit vir vars (rou) vleis uitreik slegs vir lande waar hy/sy die veeartsenykundige dienste en dieregesondheidstatus geëvalueer het. (Inligting beskikbaar by ElmarieV@daff.gov.za , Tel. 012 319 7700 of Faks 012 329 6892).

Verskillende invoerprotokols is in plek na gelang van die produkte en die dieregesondheidsomstandighede van individuele lande. Aangesien die gesondheidsvereistes dikwels verander, skakel asseblief die Direktoraat: Dieregesondheid (Tel: 012 319 7420 /7524 /7700, Faks 012 329 6892) om die nuutste vereistes te bekom. Veeartsenykundige invoerpermitte is geldig vir 'n beperkte tydperk en vir slegs een besending.

Invoere via derde lande word in die algemeen nie aanvaar nie.
 
Dit is jou aanspreeklikheid as die invoerder om die voorwaardes van die veeartsenykundige invoerpermit te lees en daaraan te voldoen.

Ingevolge die Wet op die Veiligheid van Vleis, 2000 (Wet 40 van 2000), mag gevriesde en verkoelde vleis ingevoer word slegs vanaf abattoirs en vleisverwerkingsaanlegte wat deur die Nasionale Uitvoerende Amptenaar van Suid-Afrika goedgekeur is.

'n Lys van goedgekeurde instellings kan hier verkry word, of skakel 012 319 7700 of faks 'n versoek na 012 329 6892.

Vleisbesendings wat vanaf oorsee ingevoer word via die seeroete mag slegs in koelkashouers ingevoer word. Geen besendings van breek grootmaat sal aanvaar word nie. Vars (rou) vleis mag slegs ingevoer word indien dit verkoel of gevries is teen die temperature wat in die veeartsenykundige invoerpermit gestipuleer is.

Wat om te doen

  1. Vul die aansoekvorm in om vleis na/deur die Republiek van Suid-Afrika in te voer/in transito te versend.
  2. Indien die produkte in transito deur die Republiek van Suid-Afrika versend word, moet jy 'n afskrif  van die veeartsenykundige invoerpermit vanaf die finale bestemmingsland saam met die aansoek om 'n Suid-Afrikaanse veeartsenykundige invoerpermit voorlê.
  3. Jy moet vir die permit betaal.
  4. Deponeer die permitgelde in die Departement se bankrekening:
    Naam van bank: Standard Bank of South Africa
    Naam van rekeninghouer: Nasionale Departement van Landbou
    Rekeningno.: 011219556 International Band
    Tak: 010845
    IB-merk 0001982 Sentrumkode
    Swift-kode: SBZA-ZAJJ
    Naam van die tak: Arcadia.
  5. In gevalle waar jy namens iemand anders aansoek doen, maak asseblief seker dat jy in die naam van daardie persoon of maatskappy betaal. Die verwysing moet wees die invoerder se naam en van.
  6. Betaling kan ook geskied by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye wat onder die kontakbesonderhede gelys word.
  7. Jy is verantwoordelik vir bankkoste asook die buitelandse bankkoste; die departement sal slegs 'n permit uitreik indien die volle bedrag ontvang is. (Die koste word jaarliks hersien en in die Staatskoerant gepubliseer.)
  8. 'n Tjek betaalbaar aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kan by die aansoekvorm aangeheg word en na die adres hieronder gelys, gepos word.
  9. Stuur die ingevulde vorm en bewys van betaling na:
    Die Direkteur: Dieregesondheid
    Eenheid vir Invoer- en Uitvoerbeleid
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    Suid-Afrika.
  10. Geen aansoek sal verwerk word sonder bewys van betaling nie. Bewys van die deposito moet gefaks word na: 012 329 8292 vir aandag: Ina Labuschagne.
  11. Dui asseblief op die aansoekvorm aan of jy die permit sal afhaal en of dit aan jou gepos moet word.
  12. Nadat die ingevulde aansoekvorm en bewys van betaling ontvang is, sal 'n vooraf gegeneerde Veeartsenykundige Invoerpermit en 'n Veeartsenykundige Gesondheidsertifikaat uitgereik en direk aan jou gestuur word.
  13. Jy moet 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat verkry vanaf die veeartsenykundige owerhede in die uitvoerland voordat die produk verskeep word. Hierdie gesondheidsertifikaat moet voldoen aan die voorwaardes soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse veeartsenykundige invoerpermit of moet ooreengekom wees tussen die veeartsenykundige owerhede van Suid-Afrika en die uitvoerland.
  14. Indien jy enige inligting benodig omtrent die presiese vereistes vir 'n spesifieke diereproduk, kan eksemplaarafskrifte van die Veeartsenykundige Invoerpermit en die Veeartsenykundige Gesondheidsertifikaat verkry word by die Permitkantoor.
  15. Jy moet die volgende aan die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Invoerbeheeramptenaar by die plek van binnekoms voorlê.
    • Oorspronklike Veeartsenykundige Invoerpermit.
    • Oorspronklike Veeartsenykundige Gesondheidsertifikaat.
  16. Alle vleisbesendings moet geïnspekteer word by een van die volgende inspeksiepunte soos op die invoerpermit gestipuleer:
    • Durban: Tel: 031 337 4346/7 
    • Kaapstad: Tel: 021 551 2050 
    • City Deep (slegs vanaf buurlande): Tel:011 613 1636 
    • Port Elizabeth (vooraf gereël): Tel: 041 585 8907.

Tydsduur

Wanneer die staatsveearts by die Nasionale Kantoor die invoer goedgekeur het, neem dit drie tot vyf werkdae om die aansoek te verwerk en die permit uit te reik.

Hoeveel kos dit

R220

Vorms om in te vul

Application to import/move in transit meat into/through the Republic of South Africa (Aansoek om vleis na/deur die Republiek van Suid-Afrika in te voer/in transito te versend)

Wie om te kontak

 

Share this page