Aansoek om ’n permit om vis op ’n kommersiële basis in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die invoer van vis op 'n kommersiële grondslag

Om vis, soos seevis, in te voer teen 'n wins, moet jy aansoek doen om 'n permit by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Die volgende invoerbeperkings is van toepassing:

  • Perlemoen en sekere kreefspesies mag nie ingevoer word nie.
  • Jy mag slegs gevriesde heel krap (of stukke) invoer wat elk 600 g of meer weeg en nie meer as 25 ton mag jaarliks ingevoer word nie.
  • Jy mag nie lewendige krap invoer nie.

Let wel: Die invoerpermit sluit varswatervis uit.

'n Invoerpermit is geldig vir ses maande vanaf datum van uitreiking. Indien jy versuim om aan die permitvereistes te voldoen, kan dit die opheffing of kansellasie van die permit tot gevolg hê.

Wat om te doen

  1. Verkry die Aansoekvorm om 'n invoerpermit vanaf die Visseryebestuurstak van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op die grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlagweg, Foreshore, Kaapstad.
  2. Lees die aansoekvorm deeglik en maak seker dat jy aan die vereistes en voorwaardes voldoen.
  3. Vul die aansoekvorms in deur die volgende inligting te voorsien:
    • die fisiese adresse van die uitvoerders in die land van oorsprong
    • die algemene en wetenskaplike name van die spesies
    • die hoeveelhede van die spesies wat jy wil invoer.
  4. Heg die volgende aansoekvorms aan:
    • 'n gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument en/of registrasiedokumente van jou maatskappy, en beslote korporasie of trust
    • gesertifiseerde afskrifte van geldige invoerpermitte vanaf die Departement van Handel en Nywerheid of Internasionale Handelsadministrasiekommissie se permitkennisgewings
    • die oorspronklike belastingklaringsertifikaat vanaf die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingdiens.
  5. Betaal die voorgeskrewe gelde in die volgende rekening in:
    Bank: First National Bank
    Rekeningnommer: 62123256382
    Rekeningtipe: Lopend
    Rekeningnaam: Marine Living Resources Fund
    Taknaam: Corporate Account Service Cape Town
    Takkode: 204109
    Vir 'n verwysing, skakel die kliëntedienssentrum by 021 402 3911.
  6. Dien die aansoekvorm in by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Private Sak X2, Roggebaai, Kaapstad, 8012 of dien dit in by die Visseryebestuurstak, grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlagweg, Foreshore, Kaapstad.  Jy moet die oorspronklike aansoeke pos of indien; versuim om dit te doen sal tot gevolg hê dat die permit nie uitgereik word nie.

Tydsduur

Dit kan sewe werkdae of langer duur, met dien verstande dat jy jou aansoek korrek ingevul en ingedien het.

Hoeveel kos dit

Kry die tariewe by die klientedienssentrum van die Visseryebestuurstak.

    Vorms om in te vul

    Kry die Aansoekvorm om 'n invoerpermit by die klientedienssentrum van die Visseryebestuurstak.

    Wie om te kontak

     

    Call Centre
    Tel: +27 12 399 9000
    Fax: +27 12 359 3625

    Share this page