Aansoek om ’n tydelike invoer- of uitvoerpermit vir diere vir spesifieke doeleindes

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om 'n tydelike invoer- of uitvoerpermit vir spesifieke doeleindes

Indien jy diere tydelik na of vanaf Suid-Afrika wil invoer of uitvoer vir spesifieke doeleindes soos skoue, tentoonstellings, kompetisies en stoetparing of veeartsenykundige dienste , moet jy aansoek doen om 'n permit by die Registrateur van Diereverbetering.

Jy moet ook aansoek doen om 'n veeartsenykundige invoerpermit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid en 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat vanaf die uitvoerland.

Jy moet 30 dae voordat jy wil invoer of uitvoer, aansoek doen.

Wat om te doen

  1. Vul die aansoekvorm: Aansoek om die invoer/uitvoer van diere vir spesifieke doeleindes in.
  2. Indien jy 'n dier tydelik invoer vir stoetparing of veeartsenykundige dienste, moet jy 'n sertifikaat vanaf 'n erkende registrateur in die land van waar jy die dier invoer, hê. Die sertifikaat moet 'n DNA en bloedgroep van die dier en die diereprofiel aandui.
  3. Jy moet ook 'n aanbevelings vanaf die die toepaslike Suid-Afrikaanse telersvereniging spesifiek vir landrasse kry.
  4. Betaal die voorgeskrewe fooi per elektroniese fondsoordrag (EFT),  tjek of posorder aan:
    Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye
    Bank: Standard Bank of South Africa
    Tak: Arcadia
    Rekeningno.: 011219556
    Takkode: 000845/ 010845
  5. Betaling kan ook geskied by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissserye wat gelys word onder kontakbesonerhede.
  6. Gebruik jou naam en van as verwysing. Waar jy namens iemand anders aansoek doen, maak asseblief seker dat jy in die naam van daardie persoon of maatskappy betaal.
  7. Jy is aanspreeklik vir bankkoste sowel as die buitelandse bankkoste. Die Departement sal nie 'n permit uitreik indien die volle bedrag nie ontvang is nie.
  8. Geen aansoek sal verwerk word sonder bewys van betaling nie.
  9. Stuur die vorm en bewys van betaling aan:
    Die Registrateur van Diereverbetering
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    Suid-Afrika
    Of faks na (012) 319 7570/7425
  10. Na ontvangs van die ingevulde aansoekvorm en bewys van betaling, sal 'n diereverbeteringspermit uitgereik en na die Direktoraat: Dieregesondheid gestuur word, sodat 'n veeartsenykundige invoerpermit uitgereik kan word.
  11. Nadat jy aansoek gedoen het om 'n diereverbeteringsinvoerpermit, moet jy aansoek doen om 'n veeartsenykundige invoerpermit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid. Vir navrae omtrent die veeartsenykundige invoerpermit, skakel asseblief (012) 319 7514.
  12. Die Registrateur van Diereverbetering sal jou aansoekvorm verwerk en 'n sertifikaat uitreik wat hulle na die Direktoraat: Dieregesondheid sal stuur sodat jou veeartsenykundige invoerpermit uitgereik kan word.
  13. Jy moet aansoek doen om 'nveeartsenykundige invoerpermit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid. Skakel 012 319 7514 vir navrae oor veeartsenykundige invoerpermit.
  14. Jy moet albei oorspronklike permitte voorlê aan die veeartsenykundige beamptes by die plek van binnekoms, saam met die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat vanaf die uitvoerland.

Let wel: Onvolledige aansoeke sal na die applikant teruggestuur word en geen aanspreeklikheid vir enige ongerief sal aanvaar word nie.

Tydsduur

Dit sal 30 dae neem om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

R220 

Vorms om in te vul

Application to import/export animals for certain purposes

Wie om te kontak

 

Directorate Animal Production
Tel: 012 319 7424 / 012 319 7576 / 012 319 7590 / 012 319 7429 / 012 319 7434 / 012 319 7486
Fax: 012 319 7570/7425
Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal improvement Private Bag X138, Pretoria, 0001

Share this page