Aansoek om diere en diereprodukte na SA in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die invoer van diere en diereprodukte na Suid-Afrika

Indien jy lewende diere, diereprodukte, of besmette of aansteeklike artikels na die Republiek van Suid-Afrika wil invoer, vereis wetgewing dat jy om 'n veeartsenykundige invoerpermit vanaf die Direkteur: Dieregesondheid aansoek doen. Jy moet hierdie permit bekom voordat die dier of produk vanaf die uitvoerland verskeep word.

Indien jy lewende plaasdiere soos beeste, skape, bokke, perde, varke, volstruise, pluimvee (nie katte en honde nie) of genetiese materiaal van hierdie diere invoer, moet jy magtiging verkry vanaf die Registrateur van Diereverbetering voordat 'n veeartsenykundige invoerpermit uitgereik kan word.Vir navrae omtrent diereverbeteringsmagtigings, skakel asseblief 012 319 7434 of 012 319 7424.

Daar is invoerprotokols in plek vir diere en diereprodukte. Die gesondheidsvereistes verander dikwels. Skakel asseblief met die Eenheid vir Invoer- en Uitvoerbeleid van die Direktoraat: Dieregesondheid by faks 012 329 6892 of e-pos VetPermits@daff.gov.za om die mees onlangse vereistes te verkry. Daar mag ook ander wetgewing in plek wees vir spesifieke produkte, en daarom moet jy seker maak dat jy aan al die wetlike vereistes voldoen.

Wat om te doen

  1. Vul die toepaslike vorm in:
    1. Aansoek om diere of diereprodukte na die RSA in te voer (onderworpe aan kwarantyn).    
    2. Aansoek om diere of diereprodukte na die RSA in te voer (onderworpe aan verdere beheer).     
    3. Aansoek om diere of diereprodukte na die RSA in te voer (nie onderworpe aan kwarantyn nie).
  2. Skakel die Direktoraat: Dieregesondheid indien jy nie seker is watter vorm jy moet invul nie.
  3. Jy moet betaal vir die veeartsenykundige invoerpermit (tariewe word jaarliks hersien en in die Staatskoerant gepubliseer)
  4. Deponeer die permitgelde in die Departement se bankrekening:
    • Naam van bank: Standard Bank of South Africa
    • Naam van rekeninghouer: Nasionale Departement van Landbou
    • Rekeningno.: 011219556 International Band
    • Tak: 010845
    • IB-merk 0001982 Sentrumkode
    • Swift-kode: SBZA-ZAJJ
    • Naam van die tak: Arcadia
    • NB: Verwysing is die invoerder se naam en van. In gevalle waar jy namens iemand anders aansoek doen, maak asseblief seker dat jy in die naam van daardie persoon of maatskappy betaal.
    • Jy is verantwoordelik vir bankkoste asook die buitelandse bankkoste; die departement sal nie 'n permit uitreik nie indien die volle bedrag van ZAR 120 nie ontvang is nie. (Jaarliks hersien en in die Staatskoerant gepubliseer.)
    • 'n Tjek betaalbaar aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kan by die aansoekvorm aangeheg word en na die permitkantoor gepos word.
    • Betaling kan ook geskied by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye wat onder die kontakbesonderhede gelys word.
    • Geen aansoek sal verwerk word sonder bewys van betaling nie. 
  5. Stuur die ingevulde vorm en bewys van betaling na:
    Die Direkteur: Dieregesondheid
    Eenheid vir Invoer- en Uitvoerbeleid
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    Suid-Afrika
    of Faks na 012 329 8292
    of e-pos VetPermits@daff.gov.za.
  6. Dui asseblief op die aansoekvorm aan of jy die permit sal afhaal en of dit aan jou gepos moet word.
  7. In gevalle van diere wat in kwarantyn gehou moet word, moet jy die Staatsveearts by die plek van binnekoms skakel:
    • Johannesburg Tel: 011 973 2827 of Faks: 011 973 2828.
    • Kaapstad Tel: 021 551 2050 of Faks: 021 551 1378.
    • Durban: Tel: 031 368 8503 or fax: 031 337 7469
  8. Die Staatsveearts sal reël vir die bespreking van akkommodasie by die kwarantynstasie, en moet die toepaslike gedeelte van die aansoekvorm invul. Dit sal dan deur die staatsveearts na die permitkantoor teruggefaks word.
  9. Vul 'n vrywaringsverklaring in (ten opsigte van ingevoerde diere of voëls wat in kwarantyn gehou moet word) en heg die ingevulde vrywaringsvorm aan by die aansoekvorm. Jy kan die vrywaringsverklaringvorm by die permitkantoor van die Direktoraat: Dieregesondheid verkry.
  10. Nadat die ingevulde aansoekvorm en bewys van betaling ontvang is, sal 'n veeartsenykundige invoerpermit en 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat uitgereik en direk aan jou gestuur word.
  11. Die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat moet binne 10 dae vanaf vertrek in Engels ingevul word deur 'n veearts wat gemagtig is deur die veeartsenykundige verenging van die uitvoerland. 
  12. Indien jy enige inligting nodig het omtrent die presiese vereistes vir 'n spesifieke dier of diereproduk, kan jy eksemplaarafdrukke van die veeartsenykundige invoerpermit en die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat vanaf die permitkantoor bekom.
  13. Jy moet die volgende aan die Suid-Afrikaanse veeartsenykundige invoerbeheeramptenaar by die plek van binnekoms voorlê:
    1. Oorspronklike veeartsenykundige invoerpermit
    2. Oorspronklike veeartsenykundige gesondheidsertifikaat
    3. Enige ander dokumentasie wat gespesifiseer is, bv. vrywaringverklaring, sertifikaat van inenting teen hondsdolheid, CITES-permit, ens.
  14. Indien jy vars of droë huide en velle en trofeë invoer, moet die staatsveearts in die omgewing waarin die goedgekeurde fasiliteit geleë is, die aansoek goedkeur. Die toepaslike staatsveearts moet dit ook onderteken en die aansoekvorm stempel en dit dan terugfaks na die permitkantoor van die Direktoraat: Dieregesondheid. Slegs wanneer hierdie ontvang is, sal die permitkantoor 'n veeartsenykundige invoerpermit uitreik.
  15. Indien jy lewende plaasdiere soos beeste, skape, bokke, perde, varke, volstruise, pluimvee (nie katte en honde nie) of genetiese materiaal van hierdie diere invoer, moet jy magtiging verkry by die Registrateur van Diereverbetering voordat 'n veeartsenykundige invoerpermit uitgereik kan word. Vir navrae omtrent diereverbeteringsmagtigings, skakel asseblief 012 319 7434 of 012 319 7424.
  16. Albei van hierdie oorspronklike permitte moet aan die veeartsenykundige beampte by die plek van binnekoms voorgelê word, saam met die oorspronklike veeartsenykundige gesondheidsertifikaat wat deur die uitvoerland uitgereik is.

Tydsduur

Wanneer die staatsveearts by die nasionale kantoor die invoer goedgekeur het, neem dit drie to vyf werkdae om die aansoek te verwerk en die permit uit te reik.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2023/24

Vorms om in te vul

Aansoekvorms vir invoer-en uitvoerpermitte:

  • Application to import animals or animal products into the RSA (subjected to quarantine)   
  • Application to import animals or animal products into the RSA (subjected to further control)
  • Application to import animals or animal products into the RSA (not subjected to quarantine)

Wie om te kontak

 

Contact list: Import and export of animals and animal products

Share this page