Aansoek om diere-entstowwe in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent 'n permit om diere-entstowwe in te voer

Jy mag entstowwe vir die gebruik in diere in Suid-Afrika invoer, versprei of verkoop slegs wanneer hulle geregistreer is ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947).

Indien jy 'n geregistreerde entstof wil invoer vir gebruik in diere, moet jy ook 'n veeartsenykundige invoerpermit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid verkry. Hierdie invoerpermit is geldig vir 'n beperkte tydperk en vir slegs een besending. Daar is veeartsenykundige protokols in plek. Aangesien die gesondheidsvereistes dikwels verander, skakel asseblief die Direktoraat: Dieregesondheid (Tel 012 319 7507/7684/7700/7673/7456, Faks 012 329 6892, e-pos VetPermits@daff.gov.za) om die mees onlangse vereistes te verkry.

Indien jy 'n ongeregistreerde entstof vir 'n proefneming in Suid-Afrika wil invoer, het jy twee permitte nodig. Een permit is vanaf die Registrateur van Wet 36 van 1947 en die ander is van die Direktoraat: Dieregesondheid. Die aansoek om die permit vanaf die Registrateur van Wet 36 van 1947 moet vergesel wees van die volledige voorgestelde proefnemingsprotokol.

Die Direktoraat: Dieregesondheid sal 'n invoerpermit uitreik slegs wanneer hulle 'n afskrif ontvang van die permit wat deur die Registrateur van Wet 36 van 1947 uitgereik is. 'n Entstof wat vir 'n proefneming ingevoer word, mag nie verkoop word nie.

In die geval van 'n noodsituasie waar daar 'n uitbraak van 'n siekte is en geen geregistreerde entstof in die land beskikbaar is nie, mag dit nodig wees om 'n ongeregistreerde entstof te gebruik. Dan moet jy, as die voornemende invoerder, aansoek doen by die Medisynebeheerraad om 'n Artikel 21-vrystelling ingevolge die Wet op Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe (Wet 101 van 1965, soos gewysig by Wet 90 van 1997). Jy benodig steeds 'n invoerpermit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid om die entstof die land in te bring. Hulle sal hierdie invoerpermit uitreik slegs wanneer jy goedkeuring verkry het vanaf die Medisynebeheerraad en hierdie bewyse aan hulle voorgelê het. In hierdie geval mag die ongeregistreerde entstof verkoop word vir 'n beperkte tydperk totdat registrasie verkry is.

Wat om te doen

  1. Jy moet eerstens registrasie of toestemming verkry vanaf die Registrateur van Wet 36 van 1947, of vrystelling ingevolge artikel 21 van die Wet op Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe, om die diere-entstof in te voer.
  2. Wanneer jy die invoerpermit ontvang vanaf die Registrateur van Wet 36 van 1947, of vrystelling ingevolge artikel 21 van Wet op Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe toegestaan word, stuur 'n afskrif daarvan saam met jou aansoek om 'n veeartsenykundige invoerpermit na die Direktoraat: Dieregesondheid.
  3. Indien die entstof alreeds geregistreer is vir gebruik in Suid-Afrika ingevolge Wet 36 van 1947, benodig jy slegs een invoerpermit, vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid. Stuur 'n afskrif van die registrasie ingevolge Wet 36 van 1947 saam met jou aansoek. 
  4. Vul die aansoekvorm Aansoek om 'n permit om diere-entstowwe na die Republiek van Suid-Afrika in te voer in. Skakel die Direktoraat: Dieregesondheid indien jy onseker is oor watter vorm om in te vul.
  5. 'n Staatsveearts by die Direktoraat: Dieregesondheid sal jou skakel indien verdere inligting benodig word en sal 'n risiko-assessering doen om jou aansoek te oorweeg. 
  6. Jy moet vir die permit betaal.
  7. Deponeer die permitgelde in die Departement se bankrekening:
    Naam van bank: Standard Bank of South Africa
    Naam van rekeninghouer: Nasionale Departement van Landbou
    Rekeningno.: 011219556 International Band
    Tak: 010845
    IB-merk 0001982 Sentrumkode
    Swift-kode: SBZA-ZAJJ
    Naam van die tak: Arcadia
    Let wel: Verwysing moet wees die invoerder se naam en van. In gevalle waar jy namens iemand anders aansoek doen, maak asseblief seker dat jy in die naam van daardie persoon of maatskappy betaal.
  8. Jy kan ook per tjek betaal, betaalbaar gemaak aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  9. Betalings kan ook gemaak word by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  10. Jy is verantwoordelik vir bankkoste asook die buitelandse bankkoste; die departement sal nie 'n permit uitreik indien die volle bedrag nie ontvang is nie.
  11. Stuur die ingevulde vorm en bewys van betaling na:
    Die Direkteur: Dieregesondheid
    Eenheid vir Invoer- en Uitvoerbeleid
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    Suid-Afrika
    of faks 012 329 8292
    of e-pos na VetPermits@daff.gov.za.
  12. Dui asseblief op die aansoekvorm aan of jy die permit sal afhaal en of dit aan jou gepos moet word.
  13. Nadat die ingevulde aansoekvorm en bewys van betaling ontvang is, sal 'n Veeartsenykundige Invoerpermit uitgereik en direk aan jou gestuur word.

Let wel: Geen aansoek sal verwerk word sonder bewys van betaling nie. Stuur bewys van die deposito na: VetPermits@daff.gov.za of faks 012 329 8292.

Tydsduur

Wanneer die staatsveearts by die nasionale kantoor die invoer goedgekeur het, neem dit drie to vyf werkdae om die aansoek te verwerk en die veeartsenykundige invoerpermit uit te reik.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2023/24

Vorms om in te vul

Application for a permit to import vaccines into the Republic of South Africa IMP.VAC00 (Aansoek vir 'n permit om entstowwe in te voer in die Republiek van Suid-Afrika)

Wie om te kontak

 

Share this page