Invoer van diere en genetiese materiaal

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om 'n invoerpermit vir diere en genetiese materiaal

Doen aansoek om ’n permit by die Registrateur van Diereverbetering om diere of genetiese material na Suid-Afrika in te voer. Jy moet 30 dae voordat jy dit invoer aansoek doen.

Indien jy ’n dier invoer, moet jy:

  • ’n sertifikaat hê van ’n geregistreerde registrateur in die land waarvandaan jy die dier invoer. Die sertifikaat moet die DNS-bloedgroep van die dier en die dier se profiel aandui.Indien jy versuim om die sertifikaat te bekom, sal jy aanspreeklik wees daarvoor om die ingevoerde dier vir DNS-toetsing in Suid-Afrika te neem. Jy moet die dier binne 30 dae ná aankoms toets.

Indien jy ’n embrio invoer:

  • Moet jy ’n DNS-sertifikaat hê van die dier wat gebruik is vir die bevrugting van die embrio.

Indien jy genetiese materiaal invoer, moet jy die volgende kry:

  • Invoeragent van genetiese materiaal om die genetiese materiaal af te haal. Jy kan nie self die genetiese materiaal afhaal nie. Die agent moet die genetiese materiaal verpak, etiketteer en merk.
  • DNS-sertifikaat met die volledige besonderhede van elke dier waardeur die genetiese materiaal bevrug is. Jy moet die sertifikaat vanaf ’n erkende registrateur kry in die land waarvandaan die genetiese materiaal ingevoer word.

Indien jy pluimvee of bevrugte eiers invoer, moet jy ’n motiveringsbrief aan die Direkteur: Dieregesondheid skryf. In die brief moet jy die redes aandui waarom jy die eiers en pluimvee na Suid-Afrika wil invoer. Jy moet die volgende kry:

  • Sertifikaat van die buitelandse verskaffer van die pluimvee of eiers. Die sertifikaat moet die generasie-status van sodanige eiers en pluimvee bevestig.

Vanaf die doeanepunt sal die pluimvee en eiers onder die toesig van ’n veearts vervoer word of in ’n voertuig wat deur ’n staatsveearts verseël is.

Wat om te doen

  1. Doen 30 dae voor die invoer aansoek.
  2. Om ’n dier in te voer, moet jy die volgende doen:
    • Kry ’n DNS-sertifikaat by ’n erkende registrateur in die land waarvandaan die dier ingevoer word. Indien jy versuim om sodanige sertifikaat te kry, kan jy binne 30 dae ná aankoms ’n DNS-sertifikaat in Suid-Afrika kry.
    • Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit.
    • Heg die DNS-sertifikaat aan (indien jy die sertifikaat het).
    • Betaal die voorgeskrewe fooi aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Standard Bank, Tak: Arcadia, Rekeningnommer: 011219556, Takkode: 000845/010845.
    • Pos jou aansoek na: Die Registrateur van Diereverbetering, Privaat Sak X138, Pretoria, 0001.
  3. Om ’n embrio in te voer, moet jy die volgende doen:
    • Kontak ’n erkende registrateur in die land waarvandaan jy wil invoer.
    • Die registrateur moet vir jou ’n DNS-sertifikaat gee van die dier wat gebruik is vir die bevrugting van die embrio. Jy kan nie die embrio in Suid-Afrika toets nie.
    • Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit.
    • Heg die DNS-sertifikaat aan.
    • Betaal die voorgeskrewe fooi aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Standard Bank, Tak: Arcadia, Rekeningnommer: 011219556, Takkode: 000845/010845.
    • Pos jou aansoek na: Die Registrateur van Diereverbetering, Privaat Sak X138, Pretoria, 0001.
  4. Om genetiese materiaal in te voer, moet jy die volgende doen:
    • Huur ’n invoeragent van genetiese materiaal om die genetiese materiaal wat jy wil invoer af te haal, te etiketteer en te merk.
    • Kontak ’n erkende registrateur in die land waarvandaan jy wil invoer.
    • Die registrateur moet vir jou ’n DNS-sertifikaat gee en die volledige besonderhede van elke dier waarmee die genetiese materiaal bevrug is. Jy kan nie die genetiese materiaal in Suid-Afrika toets nie.
    • Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit.
    • Heg die DNS-sertifikaat aan.
    • Betaal die voorgeskrewe fooi aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Standard Bank, Tak: Arcadia, Rekeningnommer: 011219556, Takkode: 000845/010845.
    • Pos jou aansoek na: Die Registrateur van Diereverbetering, Privaat Sak X138, Pretoria, 0001.
  5. Om pluimvee of bevrugte eiers in te voer, moet jy die volgende doen:
    • Skryf ’n motiveringsbrief aan die Direkteur: Dieregesondheid.
    • Jou brief moet die redes aandui hoekom jy die eiers en pluimvee na Suid-Afrika wil invoer.
    • Kontak die buitelandse verskaffer by wie jy die pluimvee of eiers koop.
    • Die buitelandse verskaffer moet vir jou ’n sertifikaat gee wat die generasie-status van sodanige eiers en pluimvee bevestig.
    • Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit.
    • Heg die motiveringsbrief en sertifikaat van die buitelandse verskaffer aan.
    • Betaal die voorgeskrewe fooi aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Standard Bank, Tak: Arcadia, Rekeningnommer: 011219556, Takkode: 000845/010845.
    • Pos jou aansoek na: Die Registrateur van Diereverbetering, Privaat Sak X138, Pretoria, 0001.

Tydsduur

Dit sal 30 dae neem om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

R220

Vorms om in te vul

Application for the importation of animals and genetic material (Aansoek vir die invoer van diere en genetiese materiaal)

Wie om te kontak

 

Registrar of Animal Improvement

Tel: 012 319 7424/34
Fax: 012 319 7570/7425
Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001

 

Share this page