Aansoek om toelating tot 'n inrigting vir geestesgesondheid met toestemming

Meer
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om toelating tot 'n inrigting vir geestesgesondheid met toestemming

Indien jy aan 'n geestesiekte ly, kan jy in 'n openbare inrigting vir geestesgesondheid opgeneem word.

Indien jy oortuig is dat jy aan 'n geestesiekte ly, moet jy aansoek doen om in 'n inrigting vir geestesgesondheid opgeneem te word.

Geestesiektes is mediese toestande wat jou denkwyse beïnvloed en jou verhinder om met ander mense om te gaan. Ernstige geestesiektes sluit in ernstige depressie, skisofrenie, bipolêre versteuring, obsessief-kompulsiewe versteuring, paniekversteuring, post-traumatiese stresversteuring (PTSV) en grenstipe persoonlikheidsteuring. Die positiewe nuus omtrent geestesiektes is dat herstel moontlik is deur middel van behoorlike kliniese sorg.

Wat om te doen

  • Gaan na 'n dokter of 'n kliniese psigiater.
  • Die dokter sal jou:
    • assesseer en ondersoek
    • 'n verwysingsbrief gee.
  • Doen aansoek om toelating tot 'n inrigting vir geestesgesondheid.
  • Dien in:
    • 'n verwysingsbrief
    • jou skriftleike toestemming
    • 'n afskrif van jou identiteitsdokument (ID).

Let wel: Indien jou geestelike toestand beskou word as 'n bedreiging vir die samelewing, kan 'n hofbevel jou verplig om in 'n inrigting vir geestesgesondheid opgeneem te word sonder jou toestemming.

Tydsduur

Die dokter wat jou geval hanteer sal besluit oor hoe lank jy daar moet bly.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis indien jy nie-vrywilliglik in 'n openbare inrigting vir geestesgesondheid opgeneem word.

Let wel: 'n Minimum bedrag sal gevra word indien jy vrywillig opgeneem word.

Vorms om in te vul

Vorms is verkrygbaar by aankoms by die inrigting vir geestesgesondheid.

Wie om te kontak

Geestesgesondheidhulplyn - 0800 12 13 14

Share this page