Fitosanitêre sertifikaat vir die uitvoer van plante en plantprodukte

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die uitreiking van 'n fitosanitêre sertifikaat vir die uitvoer van plante en plantprodukte

Om plante en plantprodukte uit te voer, moet jy aansoek doen om 'n fitosanitêre permit wat uitgereik word deur die Nasionale Plantbeskermingsorganisasie (NPBO) van die invoerende land.

Jy moet vasstel wat die fitosanitêre invoervoorwaardes van die invoerende land is, wat betrekking het op jou plantprodukte. Indien die goedere voldoen aan die invoervereistes, sal die NPBO 'n fitosanitêre sertifikaat uitreik.

Die plantprodukte moet uitgevoer word met die oorspronklike fitosanitêre sertifikaat.

Wat om te doen

  1. Jy moet 'n aansoekvorm invul vir die uitreiking van 'n fitosanitêre sertifikaat en dit stuur na: Nasionale Plantbeskermingsorganisasie, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Private Sak X258, Pretoria, 0001, of Harvest House, Hamiltonstraat 30, Arcadia, Pretoria, 0083
  2. Betaal 'n voorgeskrewe fooi elektronies of by die departement. Bankbesonderhede is soos volg:
    Standard Bank
    Rekeningnaam: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Invoer van gekontroleerde goedere
    Rekeningnommer: 011251735
    Taknaam: Arcadia
    Takkode: 01-08-45
  3. Jy moet die plante en plantprodukte na die Nasionale Plantbeskermingsorganisasie (NPBO) neem vir evaluering en inspeksie by jou naaste Inspeksiedienste-kantoor.
  4. Maak seker dat die oorspronklike fitosanitêre sertifikaat saam met die goedere versend word wanneer dit uitgevoer word.

Tydsduur

Dit duur ongeveer 48 uur om 'n aansoek te verwerk mits daar geen bykomende bydrywighede is nie.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25
 

Wie om te kontak

 

Postal address:
National Plant Protection Organisation of South Africa (NPPOZA)
Department of Agriculture, Forestry and Fisheries
Plant Health Import Permit Office
P.O Box 40024
Arcadia
0007

Physical address:
Harvest House
30 Hamilton Street
Arcadia
Pretoria.

Contact numbers:
Tel: +27 12 319 6130/6102/6396/6383/6207
Fax: +27 12 329 8292
 

 

Share this page