Uitvoer van diere, embrios, eiselle en semen

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om diere, embrio’s, eiselle en semen uit te voer

Om diere of genetiese material soos embrio’s, eiselle of semen vanaf Suid-Afrika uit te voer, moet jy aansoek doen om ’n uitvoerpermit by die Registrateur van Diereverbetering.

Die toepaslike telersvereniging of registrasie-owerheid moet die uitvoer aanbeveel.

Aansoeke moet 30 dae voor die uitvoer by die Registrateur ingedien word.

Wat om te doen

  1. Laai die aansoekvorm van die Internet af en vul dit volledig in.
  2. Dien die aansoekvorm saam met die vereiste aanhangsels in by:
    Die Registrateur van Diereverbetering
    Privaat Sak X138
    Pretoria
    0001
  3. Betaal die voorgeskrewe fooie en heg die bewys van betaling aan die aansoekvorm.
    Bankbesonderhede is:
    Standard Bank
    DAFF-Animal Improvement
    Tak: Pretoria
    Rekeningnommer: 010725385
    Takkode: 010045
  4. Dien aansoeke by die toepaslike telersvereniging of registrasie-owerheid in vir aanbeveling.

Tydsduur

Die aansoek sal binne 30 dae goedgekeur word.

Hoeveel kos dit

R390

Wie om te kontak

 

Directorate Animal Improvement

Tel: 012 319 7424/34
Fax: 012 319 7570/7425
Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001
 

Share this page