Registrasie van veeartsenyuitvoeraanlegte

Oor 
Wat om te doen 
Tydsduur 
Hoeveel kos dit 
Vorms om in te vul 
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent goedkeuring en registrasie van veeartsenykundige uitvoerfasiliteite

Jy mag diere of diereprodukte uitvoer slegs as hulle afkomstig is van 'n perseel wat voldoen aan internasionale standaarde of aan die wetgewing van die invoerland. Sodanige perseel kan 'n goedgekeurde abattoir, kwarantynstasie, kunsmatige-inseminasiesentrum, embrioversamelingsentrum, plaas, voerkraal, voedselverwerkingsfabriek, of voedselbergingsperseel wees.

Wat om te doen

  1. Skakel jou naaste provinsiale staatsveearts om aansoek te doen vir inspeksie vir uitvoerregistrasie.
  2. Reël met die provinsiale staatsveearts om die fasiliteit te inspekteer.
  3. Die provinsiale staatsveearts sal die inspeksieverslag invul, met motivering en aanbeveling, en dit na die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye stuur vir goedkeuring.
  4. Indien goedgekeur, sal die Departement  die fasiliteit registreer en 'n uitvoerregistrasiesertifikaat uitreik, wat gewoonlik vir een jaar geldig is.

Tydsduur

Dit wissel van provinsie tot provinsie.

Hoeveel kos dit

Koste wissel van een provinsie na 'n ander.

Vorms om in te vul

Die vorms is nie aanlyn beskikbaar nie. Skakel jou naaste provinsiale staatsveearts of die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Wie om te kontak

 

Share this page