Doodsertifikaat

Die afsterwe van ‘n persoon moet by een van die volgende persone aangemeld word:

  • spesifieke beamptes by die Departement van Binnelandse Sake
  • lede van die Suid-Afrikaanse polisiediens, veral in areas waar die Departement van Binnelandse Sake geen kantore het nie
  • 'n Suid-Afrikaanse missie, ambassade of konsulaat, as die dood in die buiteland plaasgevind het
  • begrafnisondernemers wat aangestel is en erken word deur die wet.

‘n Doodsertifikaat sal uitgereik word na die dood geregistreer is. Hierdie afgevaardigde persone mag ook begrafnisbestellings uitreik. Geen begrafnis mag plaasvind sonder dat dit goedgekeur is by wyse van ‘n begrafnisbestelling nie.

Die Departement van Binnelandse Sake sal ‘n doodsertifikaat uitreik sodra kennisgewing van dood ontvang is.

Vind meer uit oor hoe om ‘n doodsertifikaat te kry of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

 

Share this page