Hernuwing van bestuurslisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor hernuwing van jou bestuurslisensie-kaar

Jy moet jou bestuurslisensie-kaart vier weke voor die vervaldatum hernu. Indien jy dit ná die vervaldatum hernu, sal jy teen ’n bykomende koste vir ’n tydelike bestuurslisensie aansoek moet doen terwyl jy wag vir jou bestuurslisensie om uitgereik te word.

Let wel: Daar sal nie van jou verwag word om ’n bestuurslisensie-eksamen af te lê om ’n jou lisensie te hernu nie, maar jy sal ’n oogtoets moet ondergaan en jou vingerafdrukke sal geneem word. Andersins kan jy jou oë by ’n oogkundige laat toets en die verslag by die bestuurslisensie-toetssentrum (BLTS) indien. Indien jou sig verswak het vanaf die datum waarop jou lisensie uitgereik is, sal nuwe voorwaardes by jou lisensie gevoeg word.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste BLTS met die volgende:
    • Identiteitsdokument (ID) en ’n afskrif van jou ID, ou bestuurslisensie-kaart of ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort
    • Bewys van pos- en woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou pos- en woonadres bevestig.
    • Vier identiese swart-en-wit persoonsfoto’s. Bevestig met die lisensiekantoor hoeveel foto’s nodig is.
    • Voorgeskrewe aansoekfooi
  2. Voltooi vorm DL1 (Aansoek om hernuwing van bestuurslisensiekaart).
  3. Voltooi vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies).
  4. Jy sal die oogtoets doen, of jy kan dit by ’n oogkundige van jou keuse laat doen en die uitslae saambring na die BLTS.

Tydsduur

Jou nuwe bestuurslisensie sal binne vier tot ses weke gereed wees.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

Aansoek om Hernuwing van Bestuurslisensie-kaart, vorm DL1. Die vorm is by enige bestuurslisensie-toetssentrum beskikbaar of vanaf eNatis.

Wie om te kontak

 

Contact the relevant municipality

Share this page