Aansoek om ’n professionele bestuurspermit

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ’n professionele bestuurspermit

Om op ’n openbare pad in Suid-Afrika goedere, gevaarlike goedere of passasiers vir ’n inkomste te vervoer moet jy ’n professionele bestuurspermit (PBP) hê.

Die permit word bykomend tot ’n gewone bestuurslisensie uitgereik. ’n PBP is op die volgende motorvoertuig-kategorieë van toepassing:

  • ’n goederevoertuig met ’n bruto voertuigmassa van meer as 3 500 kg
  • ’n insleepvoertuig of ’n bus 
  • ’n minibus wat meer as 3 500 kg weeg of ontwerp is om 12 of meer mense (insluitend die bestuurder) te vervoer 
  • ligte motorvoertuie wat in die ekonomiese sektor aangewend word om passasiers teen vergoeding te vervoer (taxi’s)
  • ’n motorvoertuig wat ontwerp is om 12 of meer mense te vervoer
  • enige voertuig waarvoor ’n bedryfslisensie uitgereik word
  • voertuie wat gevaarlike goedere vervoer (bv. ’n brandstofwa, ens.)

Die ouderdomsbeperking vir die motorvoertuig-kategorieë is soos volg:

  • goederevoertuig – jy moet 18 jaar of ouer wees
  • passasiersvoertuig – jy moet 21 jaar of ouer wees 
  • gevaarlike-goedere-voertuig – jy moet 25 jaar of ouer wees.

Jy kan slegs ’n PBP kry indien:

  • jy ’n geldige bestuurslisensie vir die betrokke tipe voertuig het
  • jy deur ’n dokter medies geskik verklaar is 
  • jy deur ’n goedgekeurde opleidingsinstansie gesertifiseer is (slegs nodig vir kategorie D-voertuie [gevaarlike goedere]) 
  • jy vir die afgelope vyf jaar nie ’n kriminele rekord teen jou naam gehad het vir enige van die volgende nie:
    • bestuur van ’n motorvoertuig terwyl onder die invloed van alkoholiese drank of narkotiese dwelms 
    • bestuur van ’n motorvoertuig terwyl die alkoholvlak van sy/haar bloed of asem die wettige perk oorskry 
    • in die geval van ’n aansoek om ’n kategorie P- en D-permit, ’n oortreding waarvan geweld ’n element was;   
  • jou bestuurslisensie nog nooit opgeskort is nie
  • jy nog nooit skuldig bevind is aan ’n kriminele oortreding of ’n skulderkenningsboete betaal het nie.

As die bestuurder of eienaar van die motorvoertuig waarvoor ’n PBP vereis word, mag jy nie ’n ander persoon die voertuig op ’n openbare pad laat bestuur nie, tensy hulle ’n PBP vir die toepaslike kategorie het nie.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste bestuurslisensie-toetssentrum (BLTS) en voltooi die Aansoek om Professionele Bestuurspermit-vorm (PD1).
  2. Voltooi ‘n vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies).
  3. Neem die volgende saam met jou:
    • Identiteitsdokument (ID), bestuurslisensie-kaart, geldige Suid-Afrikaanse paspoort.
    • Vier identiese swart-en-wit persoonsfoto’s. Bevestig met die lisensiekantoor hoeveel foto’s nodig is.
    • ’n Geldige bestuurslisensie (vir dieselfde voertuig-kode waarvoor jy aansoek doen) 
    • Opleidingsertifikaat (indien van toepassing)  
    • Mediese sertifikaat (slegs geldig indien nie ouer as twee maande nie)  
    • Ander professionele bestuurspermit of openbare bestuurspermit waaroor jy beskik
    • Bewys van pos- en woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou pos- en woonadres bevestig.
    • voorgeskrewe fooi.
  4. Jy sal ’n oogtoets by die toetssentrum moet ondergaan. Andersins kan jy ’n oogtoets by ’n gekwalifiseerde oogkundige laat doen en die vorm indien.
  5. Ná betaling sal jy na jou naaste polisiestasie verwys word om ’n vonnisverslag aan te vra. Indien die BLTS ’n lewende-vasleggingseenheid het, sal die vonnisverslag elektronies na die polisiestasie gestuur word.
  6. Die aansoeker moet die aansoekfooi in die rekening hieronder inbetaal voordat die aansoek verwerk sal word.
    Bankbesonderhede vir die inbetaling van die aansoekfooi:
    Rekeningnaam: Ideco AFISwitch (Edms) Bpk.
    Bank: ABSA
    Tak: Besigheidsbankdienste, Johannesburg-Noord
    Tipe rekening: Tjek
    Rekeningnommer: 4074078548
    Takkode: 630256
    Verwysing: Vul die ID-nommer van die aansoeker as verwysing in.
  7. Jy sal in kennis gestel word sodra die PBP gereeld is om afgehaal te word. Jy moet jouself kan identifiseer wanneer jy die kaart afhaal. Enige kaarte wat nie binne 120 dae afgehaal word nie, sal verwoes word.

Tydsduur

Jou permit sal binne ’n tydperk van 12 weke gereed wees.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

  • Aansoek om Professionele Bestuurspermit-vorm (PD1)
  • Aansoekvorm vir Mediese Sertifikaat (MC).

Hierdie vorms is by enige bestuurslisensie-toetssentrum beskikbaar of vanaf eNatis.

Wie om te kontak

 

Contact the relevant municipality

Share this page