Aansoek om 'n maatskappy of beslote korporasie te deregistreer of te likwideer

Indien jou maatskappy of beslote korporasie nie meer bedryf word nie, kan jy dit by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) deregistreer. Dit kan ook ontbind word weens likwidasie.

  • Deregistrasie beteken dat ’n besigheid nie meer geregistreer is as ’n maatskappy of beslote korporasie nie (geen wetlike identiteit of magte het nie), aangesien dit nie meer handel dryf nie en dit geen uitstaande bates of laste het nie.
  • Likwidasie beteken dat die besigheid ophou handel dryf (meestal weens finansiële probleme). Indien die besigheid bates of laste of albei het, sal jy dalk hierdie opsie moet kies.

Vind meer uit oor die deregistrasie of likwidasie van ’n maatskappy by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

Share this page