Sertifikaat vir ’n vroeë-kinderjare-ontwikkelingsprogram

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor 'n aansoek om ’n sertifikaat vir ’n vroeë-kinderjare-ontwikkelingsprogram (VKO-program)

Bedryf jy ’n vroeë-kinderjare-ontwikkelingsentrum (VKO-sentrum) en wil jy onderrig en ondersteuning bied wat geskik is volgens die ouderdom, stadium en behoeftes van die kinders wat jy versorg, insluitend kinders met gebreke, chroniese siektes en ander spesiale behoeftes?

Jy kan aansoek doen vir ’n sertifikaat vir VKO-programme by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of plaaslike munisipaliteit.

Jou aansoek kan goedgekeur word vir ’n tydperk van nie meer as vyf jaar nie.

  • Vir jou aansoek om oorweeg te word, moet die VKO-program voldoen aan die volgende voorgeskrewe norme en standaarde:
    • Dit moet geskikte ontwikkelingsgeleenthede bied
    • Dit moet daarop gerig wees om kinders te help om hul volle potensiaal te bereik
    • Dit moet kinders op ’n konstruktiewe wyse versorg en ondersteuning en sekuriteit bied
    • Dit moet die ontwikkeling van positiewe sosiale gedrag bevorder
    • Dit moet die kultuur, gees, individualiteit en taal van elke kind respekteer en koester, en
    • Dit moet aan die emosionele, kognitiewe, sensoriese, geestelike, morele, fisiese, sosiale en kommunikasie-ontwikkelingsbehoeftes van elke kind voldoen.
  • Jy moet:
    • gesond en geskik wees
    • oor toepaslike VKO-kwalifikasie, -vaardighede en -opleiding beskik
    • ’n minimum van drie jaar in die vroeë-kinderjare-ontwikkelingsveld gewerk het.

Let wel: Om vir subsidies vir VKO-programme te kwalifiseer, moet jy voldoen aan die voorgeskrewe nasionale norme en standaarde. Subsidies word geprioritiseer volgens gemeenskappe waar gesinne nie behoorlike behuising of kos kan voorsien of in ander basiese behoeftes van hul kinders kan voorsien nie.

Wat om te doen

  • Doen aansoek vir die registrasie of voorwaardelike registrasie van ’n VKO-program by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of jou plaaslike munisipaliteit, waar jy ’n Vorm 16 sal ontvang om in te vul.
  • Jou aansoek moet die volgende insluit:
    • jou naam en ID-nommer
    • die besonderhede van die VKO-program
    • ’n implementeringsplan vir die VKO-program
    • die samestelling van die personeel wat verantwoordelik sal wees vir die VKO-program
    • die finansiële state van die VKO-sorgsentrum
    • ’n klaringsertifikaat wat deur die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling uitgereik is, wat verseker dat jou naam en dié van jou personeellede nie in Deel B van die Nasionale Kinderregte-register of die Nasionale Register van Seksuele Oortreders opgeteken is nie
    • jou kwalifikasies, vaardighede en ervaring
  • Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal ’n sertifikaat van registrasie of voorwaardelike registrasie of hernuwing van registrasie uitgereik word.
  • Amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die munisipaliteit sal deurlopene assesseringsbesoeke by die sentrum aflê.

Tydsduur

Dit kan tot drie maande neem vir jou registrasiesertifikaat om uitgereik te word.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Vorm 16 is beskikbaar by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of plaaslike munisipaliteit.

Wie om te kontak

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

 

 

Share this page