Omskakeling van beslote korporasie

Indien jou beslote korporasie (BK) gegroei het en jy met groter maatskappye in dieselfde mark wil meeding, kan jy jou BK by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) omskakel na ’n maatskappy. Deur jou BK na ’n maatskappy om te skakel sal jou in staat stel om ander partye uit te nooi om as aandeelhouers in jou maatskappy te belê.

Alle lede van die BK moet ’n brief onderteken waarin hulle die omskakeling van die BK na ’n maatskappy goedkeur, asook dat hulle aandeelhouers in die maatskappy word. Indien die naam van die BK verander word, moet die naam gereserveer word.

Vind meer uit oor die omskakeling van ’n BK na ’n maatskappy by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

Share this page