Wysigings aan sake-onderneming

Wanneer jy enige veranderings aan ’n maatskappy, koöperasie of beslote korporasie (BK) wil maak, byvoorbeeld die aanstelling van ’n nuwe rekenkundige beampte, verandering van posadres, wysigings aan aandele-persentasies of selfs die byvoeging of kansellasie van ’n lid, moet jy die besonderhede by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) verander.

Die CIPC vereis dat die besonderhede van jou geregistreerde sake-onderneming te alle tye op datum gehou moet word.  

Vind meer uit oor die verandering van inligting rakende ’n maatskappy, koöperasie of beslote korporasie by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472.

 

.

 

Share this page