Beëindig ’n swangerskap

Beëindiging van ’n swangerskap is wanneer ’n vrou besluit om haar swangerskap voor die volle termyn deur ’n mediese prosedure te beëindig. Die vrou moet met beëindiging van die swangerskap minder as 13 weke swanger wees  om die swangerskap te mag beëindig sonder om redes te verskaf.

Indien sy tussen 13 en 20 weke swanger is, kan die swangerskap slegs onder bepaalde omstandighede beëindig word. Indien sy meer as 20 weke swanger is, sal dit net gedoen word as haar of die fetus se lewe in gevaar is of indien die kind  hoogs waarskynlik ernstige geboortedefekte sal hê.

Vind meer uit oor beëindiging van ’n swangerskap  of kontak die Departement van Gesondheid by 012 395 8000.

 

Share this page