Registreer ’n geboorte

Jy moet die geboorte van jou kind binne 30 dae ná sy of haar geboorte registreer. Die geboorte kan deur ’n ouer, voog of enige ander persoon wat regtens vir die kind verantwoordelik is, by ’n kantoor van die Departement van Binnelandse Sake geregistreer word. Indien jy in die buiteland is, kan die geboorte by jou naaste ambassade of buitelandse sending geregistreer word.

’n Geboorte wat meer as 30 dae ná die geboorte geregistreer word, word as ’n laat registrasie beskou, en bykomende vereistes geld dan.

Sodra die kind se geboorte geregistreer is, word ’n onverkorte geboortesertifikaat gratis uitgereik. Jy kan ook vir bykomende onverkorte geboortesertifikate aansoek doen, waarvoor ’n fooi betaalbaar sal wees. ’n Onverkorte geboortesertifikaat word benodig wanneer jy met die kind in die buiteland wil reis.

Vind meer uit oor hoe om ’n geboorte te registreer, of kontak die Departement van Binnelandse Sake.

 

Share this page