Vaderskapstoets

Indien jy wil bepaal of jy biologies aan iemand anders verwant is of nie, kan jy ’n vaderskapstoets by die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens laat doen.

’n Vaderskapstoets ontleed jou bloedgroep om te bepaal of jy biologies aan  ’n ander persoon verwant is. ’n Negatiewe uitslag bewys dat jy nie verwant is nie, maar positiewe uitslae dui slegs daarop dat jy moontlik verwant kan wees. ’n Individu, ’n prokureur of ’n landdros kan om ’n vaderskapstoets aansoek doen.

Lees meer oor vaderskaptoetse of kontak die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens by 011 489 9470.

Share this page