Swangerskaptoets

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

 

Laat doen ’n swangerskaptoets

Indien jy vermoed dat jy swanger is, moet jy jou naaste kliniek of professionele mediese praktisyn besoek om ’n swangerskaptoets te laat doen. Jy kan ook ’n swangerskaptoets vir tuisgebruik by ’n apteek koop.

Indien jy simptome ervaar soos:

  • afwesige maandstonde
  • naarheid
  • gevoelige borste
  • uitputting

kan ’n swangerskaptoets jou vermoede bevestig.

Let wel: ’n Swangerskaptoets word ook gedoen wanneer ’n saak van verkragting aangemeld word.

Wat jy moet doen

  1. Besoek jou naaste kliniek of professionele mediese praktisyn.
  2. Voltooi ’n pasiëntvorm. 
  3. Indien jy:
    • ’n bloedtoets verkies, sal jou dokter ‘n bloedmonster trek en na ’n laboratorium vir ontleding stuur
    • urinetoets verkies, sal jou dokter vir jou ’n houer gee waarin jy ’n urinemonster moet verskaf.

Let wel: Jy kan ook ’n swangerskaptoets vir tuisgebruik by ’n apteek koop.

Hoe lank neem dit?

  • Urinetoetsuitslae – onmiddellik
  • Bloedtoetsuitslae – ’n paar ure of dae

Hoeveel kos dit?

Die diens is gratis beskikbaar by staatsklinieke en -hospitale. Privaat mediese fasiliteite sal ’n minimumtarief hef.

Let wel: Jy kan ook ’n swangerskaptoets vir tuisgebruik by ’n apteek koop.

Vorms om te voltooi

Pasiëntvorm 

Wie om te kontak

Besoek jou naaste kliniek of professionele mediese fasiliteit.

Share this page