Kinderaanneming

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor aansoek om nasionale aanneming

As jy ‘n kind in Suid-Afrika wil aanneem, moet jy ‘n aannemingsagentskap besoek, wat jou dan sal keur en sal help soek vir ‘n kind wat beskikbaar is vir aanneming.

Jy kan slegs aansoek doen vir nasionale aanneming as jy ‘n Suid-Afrikaanse burger is wat in Suid-Afrika woon en ‘n Suid-Afrikaanse kind wil aanneem.

Wat om te doen

  1. Besoek enige aannemingsagentskap in enige provinsie van jou keuse om aansoek te doen
  2. Die aannemingsagentskap sal ’n keurings-/huisinspeksie doen, om vas te stel of jy geskik en bevoeg is om ‘n kind aan te neem
  3. As die agentskap tevrede is met die uitslag, plaas hulle jou op ‘n Register van Aanneembare Kinders en Pleegouers terwyl hulle jou help soek vir ’n kind wat beskikbaar is vir aanneming.
  4. As die kind beskikbaar is, sal hulle jou inroep na die kantoor om die kind te sien, en jou vra of jy belangstel om die kind aan te neem.
  5. Indien jy instem, sal hulle jou verslag na die Kinderhof stuur om die aanneming te finaliseer en ’n Aannemingsbevel uit te reik.
  6. Die hofverslag sal na die Departement vir Maatskaplike Ontwikkeling gestuur word sodat hulle kan vasstel of die prosedure gevolg is, en om jou en die kind se besonderhede op te teken

Tydsduur

Dit verskil van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

Koste hang van die aannemingsagentskap af.

Vorms om in te vul

Alle vorms is beskikbaar by die kantoor van u naaste Departement vir Maatskaplike Ontwikkeling.

Wie om te kontak

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

Share this page