Registreer gedeeltelike vroeë-kinderjare-ontwikkelingsentrum

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor registrasie van ’n gedeeltelike sorgsentrum / vroeë-kinderjare-ontwikkelingsentrum (VKO-sentrum)

Indien jy na meer as ses kinders (0 tot 6 jaar) namens hul ouers of versorgers omsien vir spesifieke tye van die dag of nag, of vir ’n tydelike tydperk, per ooreenkoms met die ouers of versorgers, kan jy aansoek doen vir die registrasie of voorwaardelike registrasie van ’n gedeeltelike sorgsentrum – vroeë-kinderjare-ontwikkelingsentrum (VKO-sentrum) by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of plaaslike munisipaliteit.

Om ’n sorgsentrum / VKO-sentrum, ook bekend as ’n crèche, te stig of te bedryf, moet die sentrum:

  • by die provinsiale regering waar die sentrum geleë is, geregistreer wees
  • bestuur en in stand gehou word volgens die Guidelines for Early Childhood Development Services
  • ooreenkomstig die volgende nasionale norme en standaarde die volgende bied:
    • ’n veilige omgewing vir kinders
    • behoorlike sorg vir siek kinders of kinders wat siek word
    • genoegsame ruimte en ventilasie
    • veilige drinkwater
    • higiëniese badkamergeriewe
    • veilige bewaring van enigiets wat skadelik kan wees vir kinders
    • toegang tot vulliswegdoeningsdienste of ander voldoende wegdoening van vullis wat deur die sentrum gegenereer word
    • ’n higiëniese area vir die voorbereiding van kos vir kinders
    • maatreëls om kinders van verskillende ouderdomme apart te hou
    • die opstel van aksieplanne vir noodgevalle, en
    • die opstel van beleide en prosedures met betrekking tot gesondheidsorg by die sentrum.

Gedeeltelike sorgsentrums wat kinders met gebreke of chroniese siektes versorg, moet:

  • toeganklik wees vir sulke kinders
  • geriewe voorsien wat aan die behoeftes van sulke kinders voldoen
  • opleiding verskaf aan persone wat by die sentrum werksaam is.

’n Gedeeltelike sorgsentrum kan moontlik kwalifiseer vir subsidies van die Department as dit voldoen aan die norme en standaarde, en indien die sentrum in ’n gemeenskap geleë is waar gesinne nie in staat is om aan hul kinders behoorlike huisvesting of kos te bied en in hul ander basiese behoeftes te voorsien nie.

Wat om te doen

  • Doen aansoek vir die registrasie of voorwaardelike registrasie van ’n gedeeltelike sorgsentrum / VKO-sentrum by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of jou plaaslike munisipaliteit, waar jy ’n Vorm 11 sal ontvang om in te vul.
  • Jou aansoek moet die volgende insluit:
    • jou besonderhede (ID, adres en telefoonnommer, ens.)
    • die fisiese en posadres van die gedeeltelike sorgsentrum
    • die aantal kinders wat in die sentrum geakkommodeer kan word
    • jou kwalifikasies, vaardighede en ervaring
    • ’n beskrywing van die inhoud van programme en dienste wat gebied sal word, insluitend doelwitte en mikpunte.
  • Dien die volgende in:
    • ’n Sakeplan met die volgende:
      • Die sake-ure van die sorgsentrum
      • Die fooiestruktuur
      • Die dagsorgplan
      • Die samestelling van die personeel, en
      • Die beleid met betrekking tot dissipline
    • Die konstitusie, wat die volgende insluit:
      • Die naam van die gedeeltelike sorgsentrum
      • Die samestelling, magte en pligte van die bestuur
      • ’n Oorspronklike afskrif van die goedgekeurde bouplanne
      • ’n Plan vir noodgevalle
      • Klaringsertifikaat
      • ’n Gesondheidsertifikaat vanaf die plaaslike munisipaliteit

Amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die munisipaliteit sal deurlopend assesseringsbesoeke by die sentrum aflê.

Tydsduur

Dit kan tot drie maande neem vir jou registrasiesertifikaat om uitgereik te word.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Vorm 11 is beskikbaar by die naaste kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of plaaslike munisipaliteit.

Wie om te kontak

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

Share this page