Aansoek om ’n motorhandelspermit en -nommer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n motorhandelaarspermit en -nommer

Om ‘n ongeregistreerde voertuig op ’n openbare pad in Suid Afrika te bestuur, moet jy  ‘n motorhandelaarspermit en -nommer hê.

Geregistreerde vervaardigers, bouers of invoerders, finansiële instansies of motorhandelaars gebruik 'n motorhandelaarspermit om ongeregistreerde of ongelisensieerde voertuie op 'n openbare pad te gebruik vir:

  • verkoop van die voertuig
  • inruiling van die voertuig
  • herstel van die voertuig
  • aflewering van die voertuig aan kliënte.
Wat om te doen
  1. Gaan na die naaste registrasiekantoor met die volgende:
    • 'n afskrif van jou identiteitsdokument of ‘n brief van volmag indien jy ‘n maatskappy verteenwoordig
    • besigheidsregistrasiesertifikaat
    • die aansoekfooi.
  2. Voltooi vorm MTN1 by jou plaaslike registrasiekantoor.
  3. Dui aan waarom jy handelaarsnommers benodig, sowel as die getal handelaarsnommers wat jy benodig.
Tydsduur

Die aansoek word op dieselfde dag verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike registrasie-owerheid vir die koste.

Vorms om in te vul

Aansoek om motorhandel-nommer en blanko tydelike permitte (Vorm MTN1) (Application and notice i.r.o motor trade number and blank temporary permits [Form MTN1])

Wie om te kontak

 

Contact the registration authority service centre at your local municipality

Share this page