Aansoek om uitvoer van volstruise en volstruiseiers

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die uitvoer van volstruise en volstruiseiers

Om volstruise of volstruiseiers uit te voer, moet jy 30 dae voor uitvoer aansoek doen om 'n permit by die Registrateur van Diereverbetering.

Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer moet die aansoek ook goedkeur.

Indien voëlgriep of enige ander voëlsiekte in omloop is, sal volstruise nie uitgevoer word totdat die tekens verdwyn het nie.

Jy moet 'n regspersoon wees, bv. John Peter, of John Peter T/A Diepsloot Stoet, of Diepsloot Stoet CC, of Diepsloot Stoet (Edms) Bpk, of Diepsloot Bpk.

Wat om te doen

  1. Vul die aansoekvorm in vir die uitvoer van volstruise of volstruiseiers en stuur aan:
    Die Registrateur van Diereverbetering, Private Sak X138, Pretoria, 0001 of Delpengebou, hoek van Annie Bothalaan en Unionstraat, Riviera, Pretoria 0084.
  2. Stuur ook die volgende:
    • invoerpermit vanaf die land waarheen jy wil uitvoer.
    • gesondheidsertifikaat vanaf 'n plaaslike staatsveearts.
    • 'n brief wat die ondertekenaar (agent) bemagtig om die aansoek namens jou te onderteken.
    • verskaf redes en motivering ten opsigte van die doel vir die uitvoer.
  3. Betaal per elektroniese oordrag of per tjek of posorder betaal aan die Direkteur-Generaal, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Die bankbesonderhede is:

Bank: Standard Bank
Rekeninghouer: DAFF-Animal Improvement
Tak: Pretoria
Rekeningno: 010725385
Takkode: 010045

Tydsduur

Aansoeke kan 30 dae neem om te verwerk.

Hoeveel kos dit

R390

Wie om te kontak

 

Directorate: Animal Improvement

Tel: 012 319 7486
Fax: 012 319 7570
Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001

Share this page