Registreer brandbeveiligingsvereniging

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die stigting van 'n brandbeskermingsvereniging

Jy kan 'n brandbeskermingsvereniging (BBV) stig om veldbrande in jou omgewing te voorspel, voorkom, bestuur en blus, indien jy:

  • 'n grondeienaar is
  • 'n huurder is
  • 'n uitvoerende beampte of 'n plaaslike owerheid is
  • aangestel is om staatsgrond te beheer (insluitend grond wat aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag behoort)
  • grond beheer in opdrag van die Hoë Hof.

Jy moet in 'n gebied woon wat:

  • gereeld veldbrande ondervind
  • 'n risiko van veldbrande het of 
  • bosse of plantegroei het.

Jy kan nie 'n vereniging as 'n individu stig nie. Julle moet 'n groep mense wees wat voldoen aan die bogenoemde vereistes, en wat in dieselfde omgewing woonagtig is.

Jou pligte as 'n brandbeskermingsvereniging sal wees om:

  • 'n veldbrandbestuurstrategie vir jou omgewing te ontwikkel en toe te pas
  • natuurlike toestande te identifiseer wat brande kan veroorsaak
  • die lede in jou omgewing gereeld in te lig oor die brandgevaaraanslag
  • die lede in jou omgewing te organiseer en op te lei in die bestryding, bestuur en voorkoming van brande
  • die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye van statistieke te voorsien oor veldbrande in jou omgewing
  • enige inligting wat die Minister aanvra, te verskaf vir die voorkoming van veldbrande.

Wat om te doen

  1. Belê 'n vergadering met belangstellende individue wat kwalifiseer.
  2. Indien daar 'n bestaande brandbestrydingsdiens is, moet jy skriftelike kennis aan daardie vereniging gee dat julle 'n ander brandbeskermingvereniging wil stig, en moet jy die hoofbrandbestrydingsbeampte na die vergadering uitnooi.
    Neem notule van die vergadering, wat moet aandui:
    • of daar eenparige ondersteuning vir die stigting van die brandbeskermingsvereniging was, aldan nie
    • die getal stemme ten gunste van die stigting van die vereniging
    • die getal stemme teen die stigting van die vereniging
    • die getal mense wat nie gestem het ten opsigte van die stigting van die vereniging nie.
  3. Stel 'n ooreenkoms op wat dit duidelik stel dat julle deel van die vereniging vorm, en teken dit.
  4. Verkies 'n voorsitter en 'n uitvoerende komitee.
  5. Gee 'n naam vir die brandbeskermingsvereniging en 'n beskrywing van julle omgewing.
  6. Hou 'n bywoningsregister met kontakbesonderhede, insluitend die posadres, van alle individue wat die vergadering bygewoon het.
  7. Voltooi Vorm 1  en dien dit in vir goedkeuring deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  8. Indien die Departement jou aansoek goedkeur, moet jy dan Vorm 2 aflaai en indien, en die volgende daarby aanheg:
  • notule van die vergadering;
  • die brandbeskermingsvereniging se grondwet; en 
  • die brandbeskermingsvereniging se besigheidsplan, wat bestuurstrategie en reëls vir die beheer van veldbrande insluit.

Tydsduur

Daar is geen tydsraamwerk nie.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Die vorms is beskikbaar vanaf die Department of Forestry, Fisheries and the Environment

Wie om te kontak

 

Department of Forestry, Fisheries and the Environment

Tel: 012 319 6000 

Forestry Regulation & Oversight

Mr AR .Madula  

Tel: 012 309 5710

 

Fax: 012 309 5840

 

E-mail address: RennyM@daff.gov.za

Share this page