Aansoek om registrasie as 'n bestuursinstrukteur

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie as 'n bestuursinstrukteur

Om ‘n wetlik erkende bestuursinstrukteur in Suid Afrika te word, moet jy by die provinsiale departement van vervoer geregistreer wees. Bestuursinstrukteurs moet oor ‘n sertifikaat beskik wat die klas voertuig spesifiseer waarin hulle gekwalifiseer is om leerders in op te lei.

Instrukteurs word soos volg gegradeer:

  • Graad A – die instrukteur mag 'n persoon oplei vir enige kode bestuurslisensie. So 'n instrukteur het 'n kode EC bestuurslisensie vir 'n motor met 'n handrat en 'n kode A-bestuurslisensie.
  • Graad B – die instrukteur mag 'n persoon oplei vir kode B, C1, C, EB, EC1 en EC lisensies. So 'n instrukteur het 'n kode EC bestuurslisensie vir 'n motor met 'n handrat.
  • Graad C – die instrukteur mag 'n persoon oplei vir kode A1, A en B lisensies. So 'n instrukteur het 'n kode EB bestuurslisensie vir 'n motor met 'n handrat en 'n kode A bestuurderlisensie.
  • Graad D – die instrukteur mag 'n persoon oplei vir 'n kode B lisensie. So 'n instrukteur het 'n kode EB bestuurslisensie vir 'n motor met 'n handrat.
  • Graad L – die instrukteur mag 'n persoon oplei vir enige kode leerlinglisensie.

Jy mag slegs opleiding gee vir die klas motorvoertuig waarvoor jy ‘n sertifikaat het. Die instrukteursertifikaat is geldig vir ‘n tydperk van een jaar.

Wat om te doen

  1. Gaan na die naaste bestuurslisensietoetssentrum met 'n mediese serifikaat-vorm (MC) wat deur 'n mediese dokter onderteken is om 'n toetsdatum te bespreek.
  2. Voltooi die Aansoek vir registrasie as 'n bestuursintrukteur (RI).
  3. Jy sal na 'n polisiestasie verwys word om 'n klaringsertifikaat te kry.
  4. Jy moet die toets op die toetsdatum skryf. Indien jy dit slaag, moet jy die voorgeskrewe fooi betaal.
  5. Die toetssentrum sal jou aansoek na die Lid van die Uitvoerende Komitee (LUK) vir die provinsie verwys vir goedkeuring of afkeuring. Indien die aansoek goedgekeur word, sal die toetssentrum 'n sertifikaat uitreik.

Tydsduur

Die sertifikaat sal binne ses tot agt weke gereed wees.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

  • Aansoek vir registrasie as 'n bestuursinstrukteur (Application for registration as driving instructor) (RI)
  • Mediese sertifikaat (MC)

Die vorms is beskikbaar by enige bestuurslisensietoetssentrum of op die eNatis webwerf.

Wie om te kontak

 

Contact the licensing office at your local municipality

Share this page